Muutke küpsiste eelistusi

Fortuine: Die Wel en Wee van Afrikaner-Magnate [Pehme köide]

  • Formaat: Paperback / softback, 448 pages, kõrgus x laius x paksus: 233x152x15 mm, kaal: 500 g
  • Ilmumisaeg: 30-Apr-2021
  • Kirjastus: Jonathan Ball Publishers SA
  • ISBN-10: 1868427560
  • ISBN-13: 9781868427567
Teised raamatud teemal:
  • Formaat: Paperback / softback, 448 pages, kõrgus x laius x paksus: 233x152x15 mm, kaal: 500 g
  • Ilmumisaeg: 30-Apr-2021
  • Kirjastus: Jonathan Ball Publishers SA
  • ISBN-10: 1868427560
  • ISBN-13: 9781868427567
Teised raamatud teemal:
n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging. Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus.

Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het. Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het.

Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofieë en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak. In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Muu info

Omvattende boek gebaseer op persoonlike onderhoude en binnekennis beloof om n klassieke werk te word; Speel in op mense se fassinasie met hoe die rykes, veral die sogenaamde Stellenbosch mafia, hul miljoene gemaak het; Skrywer het wye netwerk en word hoog geag
Ebbe Dommisse is die skrywer van die topverkoper Anton Rupert n Lewensverhaal en etlike ander boeke. Hy het as hoofredakteur van Die Burger afgetree na n loopbaan van 40 jaar in die joernalistiek. Hy het op Carnarvon in die Karoo grootgeword en aan die Hoër Jongenskool in die Paarl gematrikuleer. Hy het n meestersgraad aan die Nagraadse Skool vir Joernalistiek van die Columbia Universiteit in New York en n PhD aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Naspers se hoogste eerbewys, die Phil Weber Medalje, is aan hom toegeken.